Wiel

Vir die tydskrif Wiel, sien Wiel (tydskrif).
Wiele op 'n antieke driewielfiets.

'n Wiel is 'n ronde toestel wat die vermoë het om, om 'n as te draai en sodoende beweging, vervoer of die verrigting van arbeid deur masjiene moontlik maak. 'n Wiel saam met 'n as oorkom wrywing deur rolbeweging moontlik te maak. Vir 'n wiel om te draai moet 'n draaimoment op die wiel se as uitgeoefen word, hetsy deur swaartekrag of deur een of ander eksterne krag. Algemene voorbeelde kan in vervoertoepassings waargeneem word. Die term kan ook vir ander ronde voorwerpe gebruik word, soos in die geval van 'n skeepswiel en 'n vliegwiel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search